|
SAKE 24, Burger Kaap - 18/02/2011
HYGROTECH STAAN 37% AF AAN AGRI-VIE
Agri-Vie, die private-ekwiteitsfonds wat beleggings in die voedsel- en en die landbousektor doen, het ‘n 37%-belanglang bekom in Hygrotech, Suid-Afrika se markleier in die verskaffing van groentesaad.
Mnr. Izak Strauss, woordvoerder van Agri-Vie, sê daar is besluit op die belegging in Hygrotech op grond van die maatskappy se bewese prestasie en die potensiaal vir verdere uitbreiding.
Mnr. Habe Roode, uitvoerende hoof van Hygrotech, sê die maatskappy se tradisionele mark is groenteboere in Suid-Afrika en in SubSahara-Afrika. Die maatskappy sprei egter nou sy vierke na vrugteen en graanboere.
“Die maatskappy gaan ook transaksies aan met universiteite, sportterreine en gho]fbane vir die lewering van grassade en voedingstowwe,” sê Roode.
“Die maatskappy het verlede jaar ‘n wesenlike rol gespeel tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi deur 60% van die grassaad te verskaf wat gebruik is om die grasoppervlaktes te beplant, plant.”
Die maatskappy beskik reeds oor ‘n hele aantal produkte en ontwikkel nóg nuwe produkte. Daar word ook gekyk na saadproduksie met die oog op die buiteland.
In Afrika verskaf die maatskappy produkte aan Suid-Afrika, Namibië, Mosambiek, Zimbabwe, Zambië en Kenia terwyl daar ook reeds produkte na Australië uitgevoer word.
Hygrotech het ‘n aantal hoogs gekwalifiseerde wetenskaplikes wat in die maatskappy se navorsingsen ontwikkelingsafdeling werk. Strauss sê die saad, die produkte en die tegnologie wat Hygrotech na die landelike gebiede van Suider-Afrika bring, lewer ‘n positiewe sosiaal-ekonomiese bydrae tot die gemeenskappe waar die maatskappy sake doen.
DOWNLOAD ARTICLE
|